Genre not found
Artist not found
Album not found
Song not found

Briewe Uit Die Suide
Amanda Strydom Lyrics


Die Lied Van Ou Suid-Afrika As jy eendag groot is, sal jy weet waarvan ek…
Ek Het Gedroom Ek het gedroom jy't opgestaan uit jou dood en aan my…
Ek Loop Die Pad Ek loop die pad, al lank, my lam So kaalvoet deur…
Hector P Ek was neëntien jaar oud toe Hector gesterf het Hy was…
Hoe Ek Voel As ek jou net kon vertel as ek jou net kon…
Houvrou Sy slaap met gebalde vuiste teen die aanslag van die nag Die…
Madame Julie Madame Julie bespreek, soos gewoonlik, 'n tafel vir twee Sy…
My Kamer Ek het lankal immigreer, na 'n kamer in my kop Vandaar…
Slippers Van Satyn Wie kom hier op die grootpad aan, met blomme in…
Stoom Ek het gedroom, jy staan weer voor my Soos die nag…
Tussen Die Liefde En Die Leegte Ek is my lewe lank op reis Ek volg die we…
Vrou by die spieël Sy sit by die venster, Staar na die park Die tyd het…


Quintus


on Martjie

Martjie

Martjie, die roos wat jy Junie gebring het
Het uitgedroog op die rak
Die blare wat rooi was het purper geword
Die nag het baie klanke

Ek het Sondag die roos in jou wynglas gesit
Die groene waaruit jy so rustig kon drink
Die purper lyk mooi in die donkergroen kelk
Die nag het baie klanke

Ek hoor jou sê
Bring vir my blomme terwyl ek nog leef
Hou niks terug nie, die lewe is kort
Deel die geheime wat jy altyd weerhou
Want more is te laat vir berou

Ek onthou nou die vuur wat jy gemaak het
Jy het amper jou hande verbrand
Ek het salf gesmeer, jou hande in myne
Die nag het baie klanke

Martjie, die man wat ons tuin versorg
het Vrydag gevra waar jy is
Hoe kon ek verduidelik jy kom nooit weer terug
Die nag het baie klanke

Ek sit voor die kaggel, lees jou laaste gedig
Met die opstaan besef ek dis buite reeds lig
Ek streel oor die roos en my duim begin bloei
Jy's nie weg nie, kyk, hier't 'n doring gegroei

Bring vir my blomme terwyl ek leef
Hou niks terug nie, die lewe is kort
Deel die geheime wat jy altyd weerhou
Want more is te laat vir berou

Lipkje


on Die Eerste Seerkry

Prachtig mooi!

More Versions