Pieter Smith
Pieter Johannes Jacobus Smith is 19 Augustus 1975 in Potchefstroom gebore e… Read Full Bio ↴Pieter Johannes Jacobus Smith is 19 Augustus 1975 in Potchefstroom gebore en is die jongste van drie kinders, sus Margaret en broer Jaco. Hy het reeds op die vroeë ouderdom van vier sy voorliefde vir die kitaar ondek en vanaf sewejarige ouderdom professionele afrigting ontvang. In 1993 het Pieter sy skoolloopbaan voltooi aan die Hoërskool Gimnasium, waar hy deel gevorm het van verskeie Rock Bands. Vandat Pieter agtien jaar oud is, tree hy professioneel op.
Na skool het Pieter sy tersiêre opleiding in Musiek- en Musiekonderwys voltooi waarna hy as gekwalifiseerde onderwyser by die Laerskool Queenswood skool gegee het en betrokke was by kitaar-, koor- en revue afrigting. Steeds was Pieter se passie vir musiek onvervuld en het hy Woensdag- en Donderdagaande by verskeie kuierplekke in Hatfield Square vir 'n appel en 'n ei gesing. Dis ook daar waar Gert Spoelstra (Pieter se bestuurder) sy talent raakgesien en besluit het om dié talentvolle sanger aan die land bekend te stel.
Pieter is een van 'n handjievol kunstenaars wat self sy lirieke skryf en toonset. Boonop is hy die vervaardiger van al vier sy CD's - wat iets verklap oor sy talent asook sy verbasend wye musiekkennis.
In 2001 het Pieter se optredebesprekings in so 'n mate begin instroom, dat hy die onderwys vaarwel moes toeroep. Sy se eerste debuutalbum, Rooikar, sien die lig in 2002.
Tyd vir terug kyk was daar nie. Vyf harde jare van bloed sweet later in die uiters mededingende Afrikaanse musiekindustrie, is Pieter Smith een van Suid-Afrika se top kunstenaars wat tot vyf optredes per week (oor die 200 optredes jaarliks) het. Pieter is in so 'n mate suksesvol, dat Steve Hofmeyr hom by geleentheid as die partytjiemaker van die dekade asook een van ons land se mees begaafde liedjieskrywers uitgewys het. Ander reken weer dis beter om eerder sáám met Pieter te werk as teen hom, siende dat hy met sy unieke optredestyl die Suid-Afrikaanse volk tot 'n hegte eenheid kan bind - iets wat nie in enige kunstenaar se broekspype sit nie. Praat jy met Pieter, kom jy gou agter waar dié veelsydige kunstenaar se hart lê - in Suid-Afrika, "die land waarin hy sy kinders wil groot maak sy kleinkinders wil hoor Afrikaans praat". Dit is die motivering waarom hy liedjies soos Die Land en Hier by jou Suid-Afrika geskryf het. Lirieke wat enige voornemende emigrant na introspeksie dwing. (Albei liedjies is vanaf sy album Die Een.)
Voorwaar is kunstenaar wat hier is om te bly!
Pieter tap nie net uit Afrikaanse musiek nie, maar met kreatiewe skeppings uit sy pen, ploeg hy op 'n besondere manier terug in die bedryf.
Kopiëring van CD's is 'n skerp doring in Pieter se vlees. Soveel so dat hy gekopiërde eksemplare sal breek, sou hy dit onder oë kry. Vra jy Pieter daaroor uit, lug hy sy opinie prontuit. "Kunstenaars werk baie hard om 'n CD uit te bring en spandeer baie tyd en geld aan daaraan. Wanneer iemand dit kopiër, steel so 'n persoon die kunstenaar se produk en inkomste wat die gevolg het dat die musiekindustrie nie 'n bestaan kan maak nie. Dis niks anders as diefstal nie." In dieselfde asem rig Pieter 'n versoek aan alle musiekliefhebbers om die industrie te ondersteun deur oorspronklike CD's en verwante produkte te koop en nie kopië te laat maak of dit onwettig van webtuistes aflaai nie.
(Besoek gerus www.musicfromemi.com en www.musica.co.za om musiek wettiglik te bekom.)
HOOGTEPUNTE IN PIETER SE LOOPBAAN
. Pres Thabo Mbeki nooi Pieter na Erfenisdagvieringe in September 2005 om die Afrikaanse gemeenskap van ons land te verteenwoordig. Kort nadat pres Mbeki sy toespraak gelewer het, het hy vir Pieter op die verhoog verwelkom en selfs van die bekende liedjies saam met Pieter gesing.
. Pieter is in 2003, 2004 en 2005 met ATKV-toekennings vir sy positiewe bydrae tot Afrikaanse musiek vereer.
. Sy naam verskyn op die kortlys vir 2006 se SAMA toekennings.
. Hy tree by Skouspel! 2004 op.
PIETER DIE BAANBREKER-KUNSTENAAR
. Hy is die eerste Suid-Afrikaanse kunstenaar wat in 2003, met sy CD getiteld Man op die Maan, 'n Kopiereg Gekontroleerde CD in Suid-Afrika vrygestel het. Ander kunstenaars het daarna in Pieter se voetspore gevolg.
. Pieter is die eerste Afrikaanse sanger wat in 2006 'n karaoke DVD, genaamd 'n Aand in Junie @ Firkin Pub, van sy vertonings uitreik.
PIETER BY DIE HUIS
As Pieter nie sy vriende by die huis onthaal nie, geniet hy dit om voor die TV te ontspan met 'n paar goeie DVD's en om tyd met sy honde Lucy (Schnauzer) en Murphy (Skotse Terriër) te spandeer. Verder is geskiedkundige boeke vir Pieter 'n groot trekpleister, veral omdat hy 'n groot passie vir geskiedenis koester. Hy geniet dit ook om te fliek en te gaan uiteet.
Pieter is baie lief daarvoor om tyd agter die kospotte te spandeer en eksperimenteer graag met eksotiese smake en disse wat jou mond laat water. Van 'n skaap op die spit tot maalvleis uit sy pot - hy omskep dit in 'n heerlike feesmaal. 'n Gasheer wat geen moeite ontsien om elke kuiergas welkom en tuis te laat voel nie.
Diepseevisvang is naas musiek sy grootste passie - hy probeer dit soveel moontlik in sy besige skedule inpas. Sy groot droom is om eendag 'n boot van sy eie te hê en hengelaars op diepseevisvang-ekspedisies te neem.
Nie net doen hy dit vir ontspanning nie, dit inspireer hom ook om sy gedagtes op papier vas te lê. Liedjies soos Plettenbergbaai (vanaf die album Man op die Maan) en St Lucia (vanaf die album Die Een) verklap sy euforiese liefde vir die kus.
PIETER OORSEE
Pieter se aanhangerslys strek veel verder as dié van Suid-Afrika. Hy tree elke tweede maand in Londen op waar hy ook in 2005 tydens 'n geldinsamelingsprojek vir die Nelson Mandela Kinderfonds, 'n optrede gehad het. Vir elke verkoopte kaartjie, is 'n pond aan die wêreldbekende fonds afgestaan.
Vir die afgelope drie jaar, tree Pieter saam van ons land se top kunstenaars by die jaarlikse Kanasiefees in Kanada op waar hy minstens drie weke spandeer. Dan was daar die Eurokasiefees wat in Holland (Amersfoort) gehou is, waar Pieter se naam ook op die kunstenaarslys verskyn het.
Gehore in België en Holland is vir Pieter 'n groot uitdaging en mikpunt vir 2006. Hy glo dat daar 'n groot mark vir Afrikaanse musiek is en die moontlikheid dat Suid-Afrikaanse skeppings daardie gaping kan vul, is nie onmoontlik nie. 'n Kunstenaar wie se talent vir seker nie beperk is tot ons landsgrense nie.
DIE OPTREDES
As jy gedink het jy gaan met gevoude arms agteroor sit en 'n show bywoon, het jy 'n fout gemaak. Saamsing en vermaak uit die boonste rakke met asemrowende klank- en beligtingseffekte, is nader aan die waarheid van 'n tipiese Pieter Smith & live band-show. Energie- en aksiebelaaide konserte vir oud en jonk is deel van sy optredes.
Vanaf Januarie 2006 het Pieter se shows 'n heel ander wending aangeneem wat die optredes nog meer interessant maak en vir 'n meer volledige klank sorg. Hy toer deesdae die land vol met sy orkes met Leon van Rensburg op baskitaar en Sean Kenselaar op dromme.
Een van die hoogtepunte tydens die optredes is gewoonlik Pieter se kitaar solostukke waarmee hy die gehoor trakteer en telkemale luidkeels laat saamsing. Wanneer die lus gedurende 'n vertoning vir Pieter beetpak, sal hy soms die dromme met Sean deel - gewoonlik tydens so 'n sessie word daar nie onnodig stokkies gedraai tussen dié twee nie! Nog 'n hoendervleis-belewenis is wanneer Pieter en Leon mekaar die stryd aansê met die kitare tydens hul unieke kitaar duel - vervolmaakte kitaartegniek in die beste vorm denkbaar.
Pieter Smith en sy band - beslis 'n trio om mee rekening te hou.
DIE BAND
SEAN KENSELAAR (Dromspeler)
Sean Kenselaar is gebore in Pretoria en is tans in Johannesburg woonagtig. Op sestienjarige ouderdom het Sean in sy pa, wat ook 'n drommer in verskeie orkeste was, se voetspore gevolg. Hy het in die skoolorkes gespeel waarna hy die drommer in die army band was. Nadat hy sy militêre opleiding voltooi het, het hy musiek aan die Technikon Pretoria studeer en sy diploma in verwerf. Hierdie talentvolle drommer het die verhoog met groot name in die musiekindustrie gedeel onder andere Valiant Swart, Laurinda Hofmeyr en was op toer saam met die liedjie boer, Anton Goosen. Verder was daar optredes saam met Johnny Clegg en Lucky Dube. Nie net het Sean saam met plaaslike kunstenaars gewerk nie - daar was ook optredes waar hy skouer geskuur het met internasionale kunstenaars soos Sting en Midnight Oil.
Wanneer Sean agter die dromme inskuif en met sy skitterende solo's begin, is 'n oorverdowende applous deurentyd hoorbaar. 'n Musikant wat in geen opsig vir enige internasionale drommer terug staan nie.
LEON VAN RENSBURG (Baskitaarspeler)
Leon van Rensburg is 'n gebore Vrystater en bevind homself tans in Pretoria, waarheen hy, sy vrou Lanie en hul tweejarige seun, Kyle, onlangs verhuis het. Hy het kitaar begin speel op negejarige ouderdom en het lesse by die bekende jazz baskitaarspeler Carlo Mombelli geneem. Leon is 'n veelsydige musikant wat net so gemaklik agter die dromstel is as met die kitaar om sy nek. Hy was 'n lid van verskeie coverbands, onder andere die Sun City Resident Band, voordat Dozi sy talent raakgesien en hom gevra het om as vryskutmusikant vir die orkes op te tree. Sy droom om eendag in 'n bekende band te speel, het eindelik vir Leon 'n realiteit geword. Oor sy vertonings saam met Pieter, reken Leon "dis baie lekker. Daar's 'n lekker vibe onder mekaar en ons kom baie goed oor die weg. Ons almal relate op 'n manier met mekaar." Dat die rustige Vrystaatse boer sy instrument bemeester, is nie altemit nie.
UITGEREIKTE CD's:
2001: Alles wat gejaagd is
5 Oorspronklike skeppings
Beperkte edisie en is slegs by optredes beskikbaar
2002: Rooikar (Fantasia Musiek)
Status: Goud*
5 Oorspronklike skeppings
Landwyd beskikbaar by musiekwinkels
2003: Man op die maan (EMI)
Status: Goud*
7 Oorspronklike skeppings
Landwyd beskikbaar by musiekwinkels
2004: Man op die maan (Kersuitgawe) EMI
Landwyd beskikbaar en as spesiale dubbelverpakking vir Kersfees heruitgereik.
2005: Die Een (EMI)
Status: Goud*
12 Oorspronklike skeppings
Landwyd beskikbaar by musiekwinkels
2006: 'n Aand in Junie @ Firkin Pub DVD (Live Karaoke DVD) EMI
Die eerste Afrikaanse sanger wat 'n Karaoke DVD van sy optrede by Firkin in Centurion, uitreik.
Landwyd beskikbaar vanaf einde Maart 2006 by musiekwinkels
*Goue satus: 25 000 + eenhede verkoop
PIETER BY VERSKEIE KUNSTEFEESTE
InnieBosfees (Nelspruit)
Ukasiefees (Londen)
Lambertsbaai Kreeffees (Lambertsbaai)
Zulu's Bar (Londen)
Aardklop (Potchefstroom)
Kanasiefees (Kanada)
Kuierfees oppie vlakte (Jeffreysbaai)
Eurokasiefees (Holland)
Reitz Mieliefees (Reitz)
Rittelfees (Vredendal)
Kierieklapperfees (Mokopane / Potgietersrus)
KKNK (Oudtshoorn)
Bosveldmusiekfees (Mokopane / Potgietersrus)
Upington-kuierfees (Upington)
Gariepfees (Kimberley)
Bela-Bela Kunstefees (Warmbad)
Vryburgfees (Vryburg)
Lichtenburgfees (Lichtenburg)
Paddadorsfees (Vrede)
Windhoekfees (Namibië)
PIETER OP DIE KASSIE
DKNT
Blonde Ambisie
Belboks
Dis Hoe Dit Is - met Steve Hofmeyr
Kwêla
JIP
Casper Rasper-show
Noot vir Noot
Three Talk
Gons
Geraas
Liriekeraai
Ontbytsake
Fiesta
Gig-tyd by Firkin
Wie is Wie
Skouspel! 2004
Maak 'n las
In die kryt met Joost en Amor
Feestyd met Pieter Smith
Yo TV (e-TV)
Skouspel! 2006
LIEDJIES UIT PIETER SE PEN
Vat my saam
Oktober
Êrens
Hier by jou Suid-Afrika
Ek wil alles van jou weet*
Blomme**
Onthou
Man op die maan
Lewe met jou
Plettenbergbaai
Vir net 'n oomblik
Ek onthou vir jou
Ou kitaar
Die land
Waterbobbejaan
Jy is
Potchefstroom
Kimberley se spoke
Waar ek mag gaan
Dis waarvoor vriende daar is
19 Iets
N1 Blues
St Lucia
Sal ek daar wees
Die Een
* Geskryf deur M. Berger. Oorvertaal deur Lize Spoelstra. Aangepas en verwerk deur Pieter Smith.

More Genres
No Artists Found
More Artists
Load All
No Albums Found
More Albums
Load All
No Tracks Found
Genre not found
Artist not found
Album not found
Search results not found
Song not found
Pieter Smith Lyrics
19 Iets 19 iets Onthou jy sondae middae, onder Sunnyside se saal? K…
Afrikaanse Keurspel My Sarie Marais is so ver van my hart Ek hoop…
Afrikaanse Medley O bokkie ek wil jou hê Waar die groubou vlaktes lê Waar…
Agtste wonder Verby die horison Is ‘n plek vir my Verby die horison Waar s…
Alle Paaie Lei Na Pretoria Pretoria sê vir antie dat die tyd is reg Ek's klaar…
Altyd Jy Van die vlaktes deur die vaal Karoo, tot waar die…
Ballade Medley Ek ken 'n ou, ou liedjie Van lewenswel en weë Van lank-verga…
Bietjie Saam te same stap ons oor die strande Saam te same…
Blomme vir jou sal ek blomme koop tot my geld op raak vir…
Brakke van Turfontein Keurspel Daar’s ‘n hele spul brakke in Turffontein Daar’s ‘n hele spu…
Daar doer in die Bosveld Ver van die stad Wil ek graag ry O die ou Wapad Die…
Daar Sing Die See Aan die anderkant Van die goue sand Lê die grootste potblou …
Daisy De Melker Deur die fluister van ons sale huise tronke hospitale Kom di…
Dawie die Kabouter Ek is Dawie, die kabouter wat van alles weet. Ek is…
die donkie O, die donkie is ‘n wonderlike ding Ja-nee die donkie is…
Die Een Hoog bokant die berge tot ver onder in die see Tussen…
Die Heel Beste Lekker Al lê die Kaap se winter op die berge so…
Die Land Ek ken ‘n berg met sy voet in die see Met…
Die Mannetjie Daar onder in die vlei stap 'n mannetjie Hy is so…
Die seewind bring heimwee na my Die see spoel oor die strande Golwe kom en gaan met…
Die Spook Van David Rosekrans Eendag toe ek nog jonk was toe sit ek in…
Dis Waarvoor Vriende Daar Is Al het jy die maan en die sterre, al het…
Drome Is Bedrog Steeds as ek jou sien loop Dan gaan die hemel ‘n…
Een Uit 'n Miljoen Ek ken jou naam al jare Dit sal vir altyd by…
Eendag Weer Vir elke wolk wat hang Is daar ‘n silwer rand Vir elke…
Ek Onthou Vir Jou Die son knip sy oog waar die dou op die…
Ek wil alles van jou weet Hou jy van die see en van die somer? Is jy…
Erens Gedagtes en woorde lê êrens Gesigte wat my net aan jou…
F.A.K Keurspel O, ek het 'n perd, 'n blink vosperd met 'n…
Hier By Jou Suid-Afrika Wys my nog ‘n see kus begrawe in die blou Wys…
Japie Greyling Die heilwind dwaal oor die dorre land 'n Moeder huil 'n…
Jy Is Jy is my liefling en ek is so bly Ja, die…
Katryn Katryntjie Katryn Katryntjie hoor jy my, die klokke lui die fietse…
Kimberley Se Spoke Luister luister luister na die stemme wat hier fluister in…
Lekker dop O hier's 'n lekker wyn sluk hom weg (Sluk hom…
Lekker Op 2 Plekke Dis lekker lekker op twee plekke Lekker lekker op twee plekk…
Liefling By Die See Groet my voor jy gaan Laat weet my as jy daar…
Man Op Die Maan Hoor jy ‘n stem in die lug? ‘n Plek in die…
Met Hierdie Hart Met hierdie hart beloof ek liefde Met hierdie hart bly jy…
Mooiste Blom Die wind fluister alweer Somer is terug, somer is terug Wolk…
My tweede helfde Daar’s ‘n vrou wat klop aan my deur Kom binne sit…
N1 Blues Kom ry weer saam met my Kom ry weer saam met…
Niemand Soos Jy Daar is niemand, niemand soos jy Klim in ‘n kar En jaag…
Oktober Die koue aande Voel soos my hart in Junie maande As winter's…
Onthou Onthou jy toe jy jonk was En die dinge van ‘n…
Onvergeetlike 7 Medley Liesbet lees haar boek Die kinders ry die supertube Hier’s m…
Onvergeetlike ses medley My hartjie my liefie die son sak weg Die son sak…
Oom Bossie van die Bosveld keurspel Oom Bossie van die Bosveld, Bosveld, Bosveld Oom Bossie van …
Oom Thys De Beer Oom Thys de Beer van Lekkerdraai het akkers vol pampoen…
Op Die Eerste Een Maandag se koffie is so bitter soos gal Dinsdag se traffic…
Ou Kitaar Skuif nog ‘n klein bietjie nader Sit al jou sorge op…
Ou Liefde Ou liefde roes nie my baby Ou liefde roes nie my…
Ou tante Koos Ou tante Koos o sy is so dom Sy roer haar…
Plettenbergbaai As die stadsgedruis my nader En die rustigheid my vrees Dink…
Potchefstroom Hierso lê my spore Hierso lê my hart Hier lê my gedagtes In…
Rooikar Ek stap af in die straat Ek sien toe my ou…
Rooiwyn Rooiwyn rooiwyn rooiwyn as die hart pyn Juwel uit die aarde,…
Ruiter van Skimmelperdpan Op die pad wat verdwyn in die Skimmelperdpan By 'n draai…
Sal Ek Daar Wees Diep binne my is daar êrens ‘n kaggel wat brand Diep…
Shongololo Vir elke reënboog is daar ‘n goudpot Vir elke vetkers is…
Skedonkie Liefde My skedonk se bande is al uitgebrand en my brieke…
Soetdoringboom In die stilte van jou Het ek vrede gevind Die jare vlieg…
St Lucia Die lobo het vroeg uitgevaar om die storm see te…
Stukkie van der Merwe Hoor die donner om die draai Vreesaanjaend soos n haai Dra g…
Suikerbossie O suikerbos ek wil jou hê Suikerbos ek wil jou hê Suikerbos…
T.V. Keurspel Klein ou hasie groot lawaai, hardloop laat dit bars Maar Ski…
Transkaroo Transkaroo Bring haar huis toe Laat jou yster wiele rol, bri…
TV Keurspel Klein ou hasie groot lawaai, hardloop laat dit bars Maar Ski…
Uit Die Diepte Van My Hart Ek ken hierdie hande ek ken hierdie oë Ek ken hierdie…
Vat my saam Is jy opsoek na vrede? Is jy opsoek na rus? Is jy…
Vir net 'n oomblik Weereens ‘n tyd wat verlore is Wat ek van weet Weereens ‘n…
Voshaarnooi Bantam hom so en flennie die snare Ek is verlief op…
Waar Ek Mag Gaan Vanoggend het gister my weer kom haal Die hele dag jou…
Was ek maar 'n digter Was ek maar 'n digter, sou ek dalk kon beskryf. Wat jy…
Wat Jy Aan My Doen Wys my die lewe wat jou sal laat bewe en…
waterbobbejaan Marico in jou bos Is daar ‘n ritsel as die son…
Wilgerboom van Potchefstroom Daar in Potchefstroom staan 'n mooi ou wilgerboom Met twee n…
Fred van Eeden
on Blomme
Dankie Pieter. Pragtige woorde en harmonie.
jillie
on Onvergeetlike Ses Medley: My Hartjie, My Liefie, Gansbaai, Vat Jou Goed En Trek, Emma Koelema, Ma Sê
A place which inspires music and the heart to sing
Francois
on T.V. Keurspel
awesome