‘‘Rock in Amerika is net so groot soos enige ander soort musiek, maar in Suid-Afrika moet ons nog baie doen om so ver te vorder,’’ sê Charles Smidt, die sanger- kitaarspeler van die groep.
Werner Fensham – of Zippo, soos almal hom noem – is die baskitaarspeler, Michael van Zyl speel tromme en Jaco van Deventer, wat al so drie jaar soms saam met die groep opgetree het en die afgelope drie maande ’n vaste lid is, speel ritmekitaar en konsertina.
Baie mense het eers gedink Beeskraal is net ’n foefie. Hoe kan rock-musiek met ’n konsertina daarby klink? Maar toe behaal die groep sukses: Geraas- en Kanna-toekennings, ’n Sama-benoeming. Hulle is ál Afrikaanse groep wat deur die regering gevra is om in 2002 op die World Food Hunger-konsert op te tree. In 2002 was hulle ook deel van die Vryheidsdagvierings voor ’n reuse skare by die Uniegebou in Pretoria.
Die groep se derde CD, Plaasdorp, is in verlede Junie uitgereik en het reeds verkope van meer as 15 000 gehaal.
‘‘Ons wil ’n bietjie wegbeweeg van die boeremusiek-rock en meer volwasse rock maak,’’ verduidelik Charles. ‘‘Verandering is goed en ek glo die groep sal daardeur groei.’’
Vir hulle is die onmin onder sommige Afrikaanse kunstenaars ’n onding. ‘‘Daar moet nie ’n skeidslyn tussen kunstenaars wees nie,’’ sê Michael. ‘‘Daar is ’n plekkie in die son vir almal.’’
Dit pla hulle dat sukses gemeet word aan die mense met wie jy omgaan. ‘‘Mense kan maklik hul neus optrek vir ’n ander ou se musiek,’’ sê Charles. ‘‘Maar die mark is te klein om ’n beswaar teen ’n ander kunstenaar se musiek te hê. Ons almal wil tog net musiek maak.’’
Hulle besef ook daar is nog nie werklik ’n ware Suid-Afrikaanse klank nie, maar is bereid om hard te werk om dit te skep.
‘‘Almal kla daaroor, maar min mense doen werklik iets daaraan,’’ sê Charles. ‘‘As meer kunstenaars begin brûe bou, sal dit gouer gebeur.’’
’n Groot hoogtepunt vir Beeskraal was toe België se regering hulle verlede jaar genooi het om daar op te tree. ‘‘Twee van ons liedjies word op Radio Brussel gespeel en ’n hermengsel van Zol is ’n groot treffer in die stad se dansklubs,’’ vertel Charles. ‘‘Daar is ’n Beeskraal-manie in Brussel wat wonderlik is.’’
Die groep beplan juis om later vanjaar ’n draai in Londen, Brussel en Nederland te maak. ‘‘Ek glo ’n klank soos ons s’n kan internasionaal gewild word,’’ sê Michael.
Een van hul ander mikpunte is om op die oorsese Afrikaanse feeste in onder meer Londen en Kanada op te tree.
‘‘Dan sal ons natuurlik baie graag goud wil haal met een van ons albums,’’ sê Charles. ‘‘Platinum sal beter wees,’’ voeg Zippo dadelik by.
Hulle is oorgehaal vir die volgende CD en ’n hele paar liedjies is reg om opgeneem te word.
‘‘Ons sukkel nog ’n bietjie met die idee dat mense dink dat as jy musiek maak, jy dwelms moet gebruik,’’ sê Charles. ‘‘Ons is nie so nie en sorg altyd dat ons huis skoon is.’’
Jane
Beeskraal Lyrics
Jump to: Overall Meaning ↴ Line by Line Meaning ↴
Haar naam is Jane, ek onthou dit, haar naam is Jane
Meisie met die blonde hare, waar is jy na al die jare?
Ek onthou dit nog soos gister, haar naam is Jane
Want sy speel, speel, speel rondomtalie met my
Al wat ek kon doen was om net stil te bly
Sy't gesê daar's iemand anders, ek kon dit nie verstaan

Sy't haar tasse gepak, ek wou haar nie laat gaan
Sy't gesê daar's iemand anders, ek kon dit nie verstaan
Die pad roet na my ma hulle was wyd en groot
Die roooibos blomme is seker lank al dood

Die laaste keer toe ek haar sien stoksiel alleen op Kerkplein
Toe dog ek vir myself miskien wag sy vir Paul Kruger op daai plein
Kerkplein Jane
Kerkplein Jane
Haar naam is Jane, ek onthou dit, haar naam is Jane
Haar naam is Jane, ek onthou dit, haar naam is Jane
Meisie met die blonde hare, waar is jy na al die jare?
Ek onthou dit nog soos gister

The lyrics to Beeskraal's song "Jane" tell the story of a girl named Jane who has left the singer's life. The repetition of her name emphasizes the singer's strong memory of her. He vividly recalls her as a girl with blonde hair and wonders where she has gone after all these years. The singer admits that he played around with Jane, but all he could do was stay quiet. She mentioned someone else, and he couldn't understand it. He tries to explain that there are many other girls, but none like Jane.
The second verse reveals that Jane packed her bags, and the singer didn't want to let her go. He still couldn't understand why she mentioned someone else. The path led to his mother, and it was wide and vast. The red bush flowers are probably long dead, symbolizing the passage of time and perhaps lost opportunities.
In the bridge, the singer sees Jane for the last time, looking lonely on Kerkplein (a square or church square). He ponders if she might be waiting for Paul Kruger, a prominent historical figure, on that square. However, the repetition of Jane's name and the final chorus reinforce that the singer remembers her name like it was yesterday. He still wonders where she has gone after all these years.
Line by Line Meaning
Haar naam is Jane, ek onthou dit, haar naam is Jane
Her name is Jane, I remember it, her name is Jane
Meisie met die blonde hare, waar is jy na al die jare?
Girl with the blonde hair, where are you after all these years?
Ek onthou dit nog soos gister, haar naam is Jane
I remember it as if it was yesterday, her name is Jane
Want sy speel, speel, speel rondomtalie met my
Because she plays, plays, plays around with me
Al wat ek kon doen was om net stil te bly
All I could do was to remain silent
Sy't gesê daar's iemand anders, ek kon dit nie verstaan
She said there's someone else, I couldn't understand it
Daar is baie ander girls Jane as jy my nie verstaan
There are many other girls, Jane, if you don't understand me
Sy't haar tasse gepak, ek wou haar nie laat gaan
She packed her bags, I didn't want to let her go
Die pad roet na my ma hulle was wyd en groot
The road back to my mother, they were wide and big
Die roooibos blomme is seker lank al dood
The rooibos flowers are probably long dead
Die laaste keer toe ek haar sien stoksiel alleen op Kerkplein
The last time I saw her completely alone at Kerkplein
Toe dog ek vir myself miskien wag sy vir Paul Kruger op daai plein
Then I thought to myself, maybe she's waiting for Paul Kruger on that square
Kerkplein Jane
Kerkplein Jane
Ek onthou dit nog soos gister
I remember it as if it was yesterday
Ek onthou dit nog soos gister
I remember it as if it was yesterday
Ek onthou dit nog soos gister, haar naam is Jane
I remember it as if it was yesterday, her name is Jane
Ek onthou dit nog soos gister, haar naam is Jane
I remember it as if it was yesterday, her name is Jane
Ek onthou dit nog soos gister, haar naam is Jane
I remember it as if it was yesterday, her name is Jane
Lyrics © O/B/O APRA AMCOS
Lyrics Licensed & Provided by LyricFind
Flin Faraday
Charles en Kevin... goeie bliksem! Julle bras laas gesien in Blank... Julle rock nog ali pad. Awesome.
Alfie smidt
HI Beeskraal Revival se Charles verjaar vandag baie geluk stuur hom n boodskap lovies julle go guys xxx